’n Tussenverkiesing vind op Woensdag 23 November in Noorder-Paarl plaas, nadat Wyk 17 se raadslid, Jako Matthee (DA), bedank het.
Wyk 17 sluit in ’n gedeelte van Noorder-Paarl en Nieuwedrift.
Verskeie politieke partye het reeds kort ná Matthee se bedanking hul veldtog begin om stemme in dié wyk te werf.
Plakkate van die VF Plus, DA, en die EFF was teen Dinsdag sigbaar in dié wyk.
Van die kandidate sluit in: Lorraine Cyster vir die DA, Pierre du Toit vir die VF Plus, Dehan Abrahams vir die EFF en Fransisca Dreyer vir die ANC.
Inwoners van Wyk 17 kan op 23 November tussen 07:00 en 21:00 stem by NGK Paarlberg en Nieuwedrift-kerk. Spesiale-stemme vind op 22 November plaas (08:00 en 17:00).