Gaan bibber in Sutherland saam met die ATKV

Wil jy graag ’n uitsonderlike ondervinding beleef? Die ruimte is mos ons toekoms.


Wil jy graag ’n uitsonderlike ondervinding beleef? Die ruimte is mos ons toekoms.

Wellington-ATKV reël vanjaar weer sy Sutherland-toer vir mense wat wil gaan sterre kyk. Saam op die toer is die bekende sterrekundige Willie Koorts van Sterre en Planete-faam.

Willie Koorts en sy familie woon in Wellington. Hy is ’n elektroniese tegnikus by die nasionale sterrewag se hoofkantoor in Kaapstad. Sy liefde vir die sterrehemel het in Sutherland begin waar hy een nag uitgeroep is om ’n tegniese fout aan die teleskoop te herstel.

Die oomblik wat hy Saturnus amper “lewensgroot” deur die teleskoop waargeneem het, was hy “verslaaf”.

Die ATKV-tak van Wellington onderneem 11 en 12 Augustus ’n toer na die besondere dorp.

Vir nog inligting, kontak Jenny Hanekom by 078 765 2638 of stuur ’n e-pos aan jennyhanekom2@gmail.com. Die koste beloop R1 450 en sluit in bus, verblyf, toegang tot die Sterrewag en ook etes. Moet dit nie misloop nie!

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.