Die plaaslike skrywer Gaireyah Fredericks het ná ’n streng keuringsproses vir ’n skrywersresidensie in die Jakes Gerwel Paulet-huis in die Oos-Kaap gekwalifiseer. Die residensie is in samewerking met Pen Afrikaans, Pen South Afrika, Pen Malawi, Pen Duitsland en die Jakes Gerwel-stigting. Fredericks het ook ’n MA in kreatiewe skryfkuns (Rhodes Universiteit) behaal, nadat sy gegradueer het in Afrikaans en Nederlandse Letterkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy is ’n selfgepubliseerde skrywer wat al 11 bundels bekend gestel het en werk tans aan haar eerste bundel kortverhale. Fredericks sê sy hoop om nuwe kennis in te win.