Nicol Retief is vanoggend dood na ‘n frats fietsry ongeluk.


Die bekende Paarl sakeman Nicol Retief, is vandag (8 Augustus) oorlede, enkele dae na ‘n frats fietsryongeluk.

Nicol het vroeër vandeesweek ’n ernstige nekbesering opgedoen in die ongeluk, terwyl hy fietsgery het op Stilbaai. Hy is vanoggend weens sy beserings in ’n Mosselbaaise hospitaal oorlede.

Nicol en sy broer Lambert was tot 2010 aan die stuur van onder andere Paarl Post, wat deel uitgemaak het van hul Paarl Media Groep. Hulle het toe hul laaste aandele van die koerant aan Media24 verkoop, nadat die Retief-familie sedert 1938 die leisels van Paarl Post gehou het.

Deur die jare het die twee Retief broers die maatskappy uitgebrei na Paarl Media Groep, ’n reuse drukkers onderneming en een van die grootstes in die Suiderlike Halfrond. Paarl Media het later ’n genoteerde maatskappy geword, Novus Holdings.

Lambert is in 2017 aan kanker oorlede.

You need to be Logged In to leave a comment.