Die Franschhoekpas sal van 28 November tot 14 Desember tussen 08:00 en 17:00 weer vir herstelwerk gesluit wees.
Dit volg nadat die pas erg verspoel het in die stormweer wat einde September gewoed het.
Die pas sal dan weer bedags van 8 Januarie af gesluit wees vir herstelwerk en die Wes-Kaapse departement van infrastruktuur verwag dat die werk teen die einde van Februarie 2024 voltooi sal wees.


