Verwoestende weer is die afgelope week oor die grootste deel van die Drakenstein-munisipaliteit ervaar. Swaar reënval het gelei tot die oorstroming en gevolglike sluiting van talle paaie.
’n Groot deel van die Paarl-krieketklub se velde was Woensdagoggend onder water. Foto’s: Rasaad Adams
Motoriste is aangemoedig om Westhoven- en Langstraat in die Paarl te verhoed. Hierdie strate is naby aan die sterk vloeiende Bergrivier geleë. Foto: Rasaad Adams
Die Drakenstein-munisipaliteit se tegniese spanne het Woensdag, 10 Julie In Van der Stelstraat in die Paarl gespook om die stilstaande water na die nabye rivier te herlei. Foto: Rasaad Adams
’n Voertuig ry Woensdag deur water wat by die Allandale-gevangenis in Paarl-Oos se hek uitstroom. Foto: Rasaad Adams
Inwoners van Newton help om verkeer te reël nadat ’n plaasdam glo Woensdagoggend vroeg oorstroom en ’n deel van die Bo-Dal-pad versper het. Foto: Rasaad Adams
Stukke hout en ander voorwerpe was Woensdag, 10 Julie sigbaar in Newton se strate nadat vloedwater die woonbuurt getref het. Foto: Rasaad Adams