Checkers Van der Lingen het ‘n beperkte aantal mense op ‘n slag toegelaat. Foto: Ross Michaels



Hoewel die eerste dag van Suid-Afrika se nasionale inperking aangebreek het, was Paarl geensins ‘n spookdorp Vrydagoggend nie.


Trouens het die dorp plek-plek gegons namate inwoners rondbeweeg om hul noodsaaklike inkopies te doen of banke te besoek. 

Talle mense het Vrydagoggend kitsbanke op die dorp

Talle mense het Vrydagoggend kitsbanke op die dorp besoek. Foto: Ross Michaels

Taxi-pendelaars het vroegoggend die dorp ingevaar, maar moes in lang toue staan soos hulle wag vir hul vervoer huis toe. Hoewel die nasionale wet vereis dat taxi’s slegs tussen 05:00 – 09:00 en 16:00 – 20:00 mense mag vervoer, het daar ‘n taxi om 10:45 pendelaars opgetel.

Twee van die pendelaars noem dat die gebrek aan taxi’s in die dorp onprakties is. “Maar dit is seker vir ons veiligheid,” voeg hulle by.

Taxi-pendelaars is vinnig op pad om hul sitplek in

Taxi-pendelaars is vinnig op pad om hul sitplek in ‘n taxi in te neem. Tenspyte van die wet wat vereis dat taxi’s slegs 50% van passasiers bevat, was dit stampvol. Foto: Ross Michaels

Daar was ook nie groot polisiesigbaarheid in die dorp nie. Die sekuriteitbeamptes Reginald Small, Emile Meyers en Cheslin Jacobs van PACRS Security, was wel op hul pos ten tye van Paarl Post se besoek aan die dorp.

Hulle is veral paraat vir boewe wat in hierdie tydperk van inperking mense by kitsbanke wil beroof. 

“Hulle vat dit so die polisie is meer gefokus op die siek mense en nie noodwendig op mense se veiligheid nie; nou wil hulle benefit. Maar ons [as sekuriteitsbeamptes] is 24/7 hier,” voer Reginald aan.

Sekuriteitsbeamptes Reginald Small, Emilie Meyers

Sekuriteitsbeamptes Reginald Small, Emilie Meyers en Cheslin Jacobs is paraat tydens die inperkinstydperk. Foto: Ross Michaels

Paarl-Oos

Mense het steeds buite Shoprite in Klein Drakenste

Mense het steeds buite Shoprite in Klein Drakenstein, Paarl-Oos tou gestaan om die winkel binne te gaan vir inkopies. Alhoewel, die paaie baie stiller is as gewoontlik is daar steeds diegene wat nie die erns van die situasie besef nie. Foto: Chantélle Hartebeest
Johan Fredericks, van Amstelhof, weier om 'n voet

Johan Fredericks, van Amstelhof, weier om ‘n voet buite sy voordeur te sit, en gehoorsaam eerder die versoek van President Cyril Ramaphosa. Foto: Chantélle Hartebeest

Paarl Mall

By Paarl Mall was dit redelik stil. Die Mall-bestuur reguleer die beweging van besoekers daar sodat daar net tussen Clicks, Dischem en PicknPay beweeg mag word, en dan slegs ook na die Woolworths ingang.

Besoekers moet eers hul hande met handreiniger skoonmaak vir ingang. Toegang na PicknPay self word ook beperk, met net paar kliënte wat op ‘n slag binne die winkel toegelaat word.

Kommer is wel uitgespreek deur besoekers daar is dat tellers binne PicknPay nie maskers of handskoene dra nie. Ook, die motorwagte is steeds teenwoordig in die parkeerterrein – terwyl hulle nie noodsaaklike dienste lewer nie. Hulle dra ook geen vorm van beskerming nie

You need to be Logged In to leave a comment.