Mela Botha, ’n gr. 11-leerder aan die Hoër Meisieskool La Rochelle, het vanjaar digitaal aan die Oppie Tong Af-redenaarskompetisie deelgeneem waar sy goud (A +) behaal het. Sy dring ook deur na die nasionale eindronde van die Podiumpret-kompetisie waar sy vir haar voorbereide toespraak goud (98%) behaal het. Mela is die graadwenner van die sprekersvaardigheids-afdeling en daarom word haar naam op ’n plaatjie op die Podiumpret-boom by die Afrikaanse Taalmonument aangebring. Vir onvoorbereide redenaars behaal sy goud (82%) en eindig in die tweede plek. Mela het ook aan die voorbereide leeskategorie deelgeneem waar sy 89% behaal en ook in die eerste plek geëindig het.