Hoër Meisieskool La Rochelle het onlangs sy finaliste vir vanjaar se Mej. La Rochelle bekend gemaak. Die kroning vind Woensdag 18 Maart in die Paarl-stadsaal plaas en die tema is “ ’n Beeldskone hart”. Agter is Elizabeth O’Dowd, Lyndi Koegelenberg, Michelle Nel, Mia Boshoff, Ilne Claassen, Kerischne-Lee Cornelissen, Elizabeth du Toit, Lisa van Wyk en Liza Theron. Voor is Clarissa Scholtz, Mela Botha en Marietjie Visser.