Vyftien fietsryers het sopas uit Bloemfontein vertrek op ’n epiese fietsry-reis deur Suid-Afrika ter ondersteuning van weermagveterane.

Die Munga Equip 2022-aflostoer gaan met 15 fietsryers – 14 manne en een vrou – van die 61 Meg Veterane-vereniging 1 125 km van Bloemfontein tot in Wellington op hul fietse trap.

Hierdeur samel die fietsryers geld in vir veterane soos HP Ferreira wat 42 jaar gelede ernstig gewond is in ’n skermutseling tydens sy grensdiens.

Hierdie insameling word ook kort voor die somervakansie en Kerstyd gedoen om geld in te samel vir families van 61 veterane in nood.

Om ’n bedrae tot die fonds te maak, gebruik die volgende bankbesonderhede:

. Rekeningnaam: 61 Mech Battalion Group Veterans Association

. Bank: Standard Bank

. Takkode: 006305

. Rekeningnommer: 00 329 3661

. Verwysing: Munga

You need to be Logged In to leave a comment.