Beurtkrag word vanmiddag en môremiddag weer opgeskuif na fase 3, het Eskom pas aangekondig.
Fase 3 sal vanmiddag (Maandag 14 November) om 16:00 inwerking tree tot Dinsdag om 05:00 en dan weer Dinsdagmiddag om 16:00 tot Woensdag om 05:00, terwyl fase 2-beurtkrag weer tussen 05:00 en 16:00 op hierdie dae sal geld, tot verdere kennisgewing.
In ’n persverklaring het Eskom gesê die rede vir die hoër vlak van beurtkrag kan hoofsaaklik toegeskryf word aan foutiewe infrastruktuur sowel as noodopwekkingreserwes wat uitgeput is.

