‘n Familie van nege, waaronder vier kinders, het Dinsdagaand al hul aardse besittings verloor toe ‘n brand omstreeks 23:00 in hul huis in Maasdorp, Franschhoek, ontstaan het.
Die brand is vermoedelik deur ‘n kortsluiting veroorsaak. Die familie kon ongedeerd uit die huis ontsnap maar hul besittings het in die slag gebly.
Volgens Franschhoek-polisiewoordvoerder, konst. Marize Mentoor het die familie “absoluut niks”. “Hulle het alles verloor.”
Die dringende behoeftes is kos, klere, komberse en meubels maar enige skenkings word verwelkom.
Enigiemand wat skenkings wil maak kan Mentoor kontak by 082 443 9769.