Die Paarl-polisie ondersoek die diefstal van beheerligte ter waarde van ongeveer R65 000 by die Eskom-substasie op die N1-snelweg.

’n Woordvoerder van die Paarl-polisie, kapt. Louise du Plessis, sê daar word beweer dat die toesighouer die substasie Saterdag omstreeks 20:30 besoek het nadat hy op ’n alarmsein gereageer het.

“Met sy aankoms by die substasie is gevind dat drie stelle beheerligte en vyf Eskom-ligte gesteel is.”

Enigiemand met inligting oor die diefstal word versoek om die Paarl-polisie by 021 807 4008/9 of 082 469 1431 te skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.