Epic-pret in die Boland hierdie naweek

Inwoners van die Drakenstein-vallei kan hierdie naweek self gaan kyk hoe swoeg en sweet gesoute fietsryers van dwarsoor die wêreld in een van die taaiste fietswedrenne ter wêreld, wanneer die 652 km lange Absa Cape Epic verby Wellington kom.


Inwoners van die Drakenstein-vallei kan hierdie naweek self gaan kyk hoe swoeg en sweet gesoute fietsryers van dwarsoor die wêreld in een van die taaiste fietswedrenne ter wêreld, wanneer die 652 km lange Absa Cape Epic verby Wellington kom.

Die wedren het op 13 Maart by Meerendal in Durbanville afgeskop.

Vanaf Woensdag 16 Maart sal die Cape Epic weereens gestasioneer wees by die KSUT-velde in Wellington.

Wellington het die gesogte beste Cape Epic gasheerdorp-toekenning in 2015 ontvang, en sal weer vanjaar hierdie louere wil dra.

Roetes in en om Wellington sluit in Welvanpas-enkelbaanroetes en die historiese Bainskloofpas.

Uitkykpunte vir entoesiastiese toeskouers is soos volg: Stadium 4 (Donderdag 17 Maart) begin by die sportvelde en toeskouers kan ook by wynlandgoedere soos Kleinevalleij, Doolhof of Welbedacht, die fietsryers sien verbykom. By dié plase sal besoekers heerlike spys en drank kan koop.

Met fase 5 (Vrydag 18 Maart) vertrek die fietsryers weer van die sportvelde na Boschendal. Uitkykpunte is by Cascade Manor, Divine Estate en Avondale-wynlandgoed. Fietsryers eindig hul uitmergelende ekspedisie op Sondag 20 Maart weer by Meerendal-wynlandgoed.

Vir volle dekking, uitkykbesonderhede en meer inligting besoek www.capeepic.co.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.