Laerskool Paarl Gimnasium se hoofseun en -meisie vir 2021 is Pierre Dreyer en Mari Snyman. Pierre het gesê dit is vir hom ’n eer om sy skool te kan dien. “Iets wat ek graag in 2021 sal wil doen, is om ’n goeie voorbeeld te stel, almal deel te laat voel van die skool en om kinders deur moeilike tye te help, veral deur Covid-19 en dit wat dalk nog op ons wag.” Mari: “Ek sien 2021 as ’n jaar van vertroue en hoop. Ek is dankbaar vir al die geleenthede en voorregte wat ons gaan hê. Al het ek hoop vir ’n beter jaar wat voorlê, weet ek dat die lewe altyd sy uitdagings het, maar ek weet dat enigiets saam met God en my mede-Gimmies moontlik sal wees”.