Apollis Engelbrecht met van die kinders wat op Mandela-dag ’n warm ete kon geniet. Roseline en Apollis Engelbrecht van die Paarl het vanjaar vir Mandela-dag weer hul harte vir hul gemeenskap oopgemaak en op 18 Julie meer as 150 worsrolletjies met slaptjips aan honger magies (hoofsaaklik kinders) in Maystraat in Lantana, Paarl-Oos uitgedeel. Die Engelbrecht-egpaar is bekend vir hul omgee-gees en het in 2023 op Mandela-dag in samewerking met Food Lover’s Market in die Paarl, waar Apollis in diens geneem is, ook meer as 100 kinders gevoed.Foto: Verskaf