Emka-karatekas skitter

Altesaam 19 van die Emka-karatekas het onlangs in Belhar aan die Wes-Kaapse kinder-, kadette- en junior karatekampioenskap deelgeneem.


Altesaam 19 van die Emka-karatekas het onlangs in Belhar aan die Wes-Kaapse kinder-, kadette- en junior karatekampioenskap deelgeneem.

Hulle was deel van die erkende Kaapse wynland-karatespan wat bestaan uit atlete van die Paarl, Pniël, Stellenbosch, Wellington en Worcester.

Studente soos Sello Blanche (brons; kumite), Khaidan Poggenpoel (brons; kumite), Giovanni Sias (silwer; kata), Jayla-Rose Ringquest (brons; kata), Marcus Martin (brons; kumite) en Nathan Uren (brons; kumite) het almal geskitter.

Hulle sal die Wes-Kaapse span by die 2018-kinder-, kadette- en junior Suid-Afrikaanse karatekampioenskap wat 16 en 17 Maart in Durban gehou word, verteenwoordig.

Emka het verlede jaar net drie atlete in die Wes-Kaapse span gehad.

“Ons is baie tevrede met die feit dat ons daardie aantal vanjaar kon verdubbel,” het hul sensei, Etienne Marais, gespog.

Verder is Ayrin Riffel in die senior Wes-Kaapse span vir kata en kumite opgeneem.

Hy verteenwoordig die span by Karate Suid-Afrika se senior kampioenskaps­toernooi wat 9 en 10 Maart in Pretoria beslis word. Sensei Marais is as die amptelike kata-afrigter vir die kinder- en senior span aangewys.

Die klub het vir vanjaar besluit om slegs op die basiese beginsels te fokus en dit het tot dusver vir die klub gewerk.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.