HTS Drostdy het in die ongewone tye van die Covid-19-pandemie met ’n buitengewone plan vorendag gekom. Die gr.12-leerders het onlangs ’n civvie-dag gereël vir een van sy gr.8-leerders, Luan Matthee. Kanker is by Luan gediagnoseer. Die leerders het later ’n verrassing ontvang soos deur die skoolhoof, Arthur Underhay, gereël. Elvis Blue het op die reuseskerm die leerders virtueel vermaak en die leerders kon die konsert geniet terwyl hulle steeds hul fisieke afstand gehou het. Foto: