Die Laerskool Paulus Joubert het onlangs sy jaarlikse skoolbasaar gehou. Die skool is dankbaar vir die ouers en gemeenskap wat die geleentheid bygewoon het. Behalwe dat dit ’n heerlike dag vol pret en vermaak was, was die opvoeders volgens temas geklee. Die graad 3-opvoeders pronk in hul spoguitrustings as die elfies. Van links is Ulricke Muller, Carmen Petersen, Brynn Jansen en Leonie Adams-Martin.