Bykans 70 leerders van die Ihlumelo Junior Sekondêre Skool in Mbekweni het onlangs elkeen ’n bril ontvang. Die oorhandiging is moontlik gemaak danksy ’n skenking van R50 000 deur die Paarl-rotariërklub aan die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid in Drakenstein. Die departement se vennoot in oogkundige dienste het vroeër die leerders se oë getoets en die skenking kon gebruik word om vir elkeen ’n bril te maak. Die president van die Paarl-rotariërs, Deon Erasmus, kyk toe terwyl Richard Mathivha van Eye Save ’n bril vir een van die leerders van die skool pas.


Ek sien!

You need to be Logged In to leave a comment.