Pieter Davids, die eienaar van CJ Cellars-drankwinkel in die Paarl.



Skaars twee weke nadat die verbod op drangverkope tydings inperking gelig is, is die eienaar van ‘n drankwinkel in die Paarl geskiet.

Die voorval het Donderdag (12 Junie) omstreeks 17:00 plaasgevind by CJ Cellars in die hoofstraat van die Paarl.

Die winkel was reeds toe en die eienaar, Pieter Davids, was besig om rekening te neem van die dag se verkope.

Volgens inligting sover ontvang het twee mans die winkel skielik binnegkom en vir Davids met ‘n vuurwapen gedreig en oorrompel. Hulle het toe geld vanuit die kasregister gesteel en die padgevat.

Davids het hulle agterna gesit en is in die been geskiet deur die voortvlugtiges.

Die voorval het voor die oë van talle spitstyd penelaars plaasgevind in hierdie besige deel van die Paarl, by die kruising met Markstraat.

Davids sterk in die hospitaal aan.

Niemand is in hegtenis geneem nie, maar die polisie is tans besig om sekuriteitskamera beeldmateriaal te fynkam wat die voorval vasgevang het. 

You need to be Logged In to leave a comment.