Dit is die jaar van eerstes by die vyfde Tuin van Digters, wat môre by die Breytenbach-sentrum op Wellington afskop en hiér is wat feesgangers nie moet misloop nie:
S Dit is die eerste keer dat ’n simposium aangebied word;
S Die eerste opdragbeeld, gemaak deur Nanette Ranger, word onthul;
S Dit is die eerste keer dat Waldimar Schultz en Ira Blanckenberg die opdragproduksie, Die heel mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte, in samewerking met die US Woordfees, op die planke sal bring;
S Jana Cilliers besoek vir die eerste keer die Breytenbach-sentrum met haar produksie, In die omtes van die hart, en die Breytenbach-sentrum reik vir die eerste keer uit na skole met verskeie werksessies oor die digkuns; en
S Dit is ook die eerste keer dat byna dertig digters om ’n tafel gaan swoeg en swyg en digitale gedigte in die tuin aangebring sal word.
Die tamaai-fees, soos dit ook bekend staan, duur tot Sondag 18 September.
Vir besprekings of navrae, skakel Jeanne-Mari Gerber by besprekings@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786, of besoek die sentrum op die hoek van Burger- en Malherbestraat op Wellington.
Kry die volledige program op www.breytenbachsentrum.co.za