Die Wellington-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat ’n vragmotor met drie insittendes Saterdag (28 September) omstreeks 00:20 in ’n dam naby die Distell-brouery by die R44 beland het. Die bestuurder het vermoedelik om ’n draai beheer verloor en in die dam beland. Volgens kol. Johan Barkhuizen, ’n woordvoerder vir die Wellington-polisie, het reddingswerkers daarin geslaag om al drie uit die vragmotor te red. Volgens Barkhuizen het die bestuurder egter met sy aankoms by ’n plaaslike hospitaal gesterf.Foto: Mike Charlie 1