Een mens is dood en nog 15 beseer toe ’n volgelaaide minibustaxi op die N1 buite die Paarl gerol het. Dié ongeluk het Donderdag (30 Junie) omstreeks 07:00 tussen Paarl se Sonstraal- en Jan van Riebeeck-rylaan-afrit plaasgevind. Die bestuurder van die taxi, wat in die rigting van Kaapstad gery het, het glo beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan het. Die insittendes was meestal werknemers van Satchwel in Paarl-Suid en die taxi was van Paarl-Oos onderweg om hulle by hul werk af te laai. Verskeie van die beseerdes was in die taxi vasgekeer en reddingswerkers van Paarl EMS en die brandweer moes die wrak oopsny om hulle te bevry. Een insittende is in ’n kritieke toestand. Die beseerdes is na Paarl-hospitaal vervoer. Die polisie ondersoek ’n saak van roekelose bestuur.Foto: Lise Beyers


You need to be Logged In to leave a comment.