Die Groot Drakenstein-polisie het verlede Donderdag (19 Mei) ’n 24-jarige man en 27-jarige vrou in Lanquedoc weens die besit van dwelms aangekeer. Volgens sers. Charlene Pietersen, ’n woordvoerder van die Groot Drakenstein-polisie, het die C-skof ’n lasbrief beteken. “Hulle het sewe sakkies tik, twee heel Mandrax-tablette, 11 halwe Mandrax-tablette en vyf kwart Mandrax-tablette gevind. Saam met dit het hulle ook beslag gelê op R2 926,20 kontant.” Die lasbrief is uitgevoer met die hulp van Groot Drakenstein se misdaadvoorkomingseenheid en is ook bygestaan deur die Stellenbosch-polisie se misdaadintelligensie-eenheid.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article