Hugenote Hoërskool was die afgelope naweek die gasheer vir die eerste Cape Schools Sevens-toernooi vir o.17- en o.15-skolerugbyspanne.
In die o.17-toernooi het die Hoërskool Durbanville Hugenote se hart gebreek met ’n oorwinning van 42-5 in die eindronde.
In Saterdag se halfeindronde is die gunstelinge en tans SA se top-skolerugbyspan, Paul Roos, ook deur HS Durbanville met 19-17 uitgeskakel.
Hugenote het in die halfeindronde met 24-19 teen Milnerton geseëvier.
In die o.15-kompetisie het Paul Roos die kroon gedra deur die Hoër Landbouskool 22-14 te klop.