Die Drakenstein-munisipaliteit se uitstaande verkeersboetes vir die 2022/2023 boekjaar is 230 740 boetes met ’n waarde van R83 305 750.
Intussen het die Stad Kaapstad verlede week aangekondig dat hy ’n duld-niks-benadering gaan inneem teenoor verkeersoortreders.
Kwesssies wat voorts ernstig aangepak gaan word sal daartoe lei dat ongehoorsame bestuurders sal moet opdok om hul voertuie uit die skut te kry.
Die Kaapstad-metro mag en gaan voertuie skut vir spesifieke oortredings, soos nommerplate wat doelbewus verwyder word. En die gewone bestuurder gaan R2 500 moet betaal om hul voertuig terug te kry.
Die stad se aangepaste verkeersverordening van 2021 het spesifieke en duidelike gronde waarvolgens voertuie geskut kan word.
’n Gemagtigde beampte kan in belang van die veiligheid van die publiek ’n voertuig sonder kennisgewing skut wanneer:
. die voertuig op ’n openbare pad bestuur word op ’n roekelose wyse of as deel van onwettige straatrenne;. ’n voertuig met stukkende ligte in tye wanneer sigbaarheid swak is of in die donker op ’n openbare pad bestuur word;. ’n voertuig in so ’n mate beskadig is dat dit onpadwaardig of onveilig is om mee te ry;. die bestuurder in alle redelikheid onder verdenking is van dronkbestuur of bestuur onder die invloed van dwelms;. die bestuurder nie stilhou wanneer ’n beampte dit aandui nie en probeer wegjaag; en. in die geval van openbare vervoer waar bestuurders strydig met die regulasies van openbare vervoerpermitte optree.
Die Kaapstad-metro se verkeersdienste reik maandeliks tot 230 000 boetes uit, maar dit blyk steeds dat motoriste al hoe swakker bestuur.
Tussen 900 tot 1 200 taxi’s is inderwaarheid in die laaste jaartydperk elke maand geskut.
In die Drakenstein-vallei vier wetteloosheid hoogty op die pad en die vraag is dus – wat doen die Drakenstein-munisipaliteit om hierdie plaag te probeer bekamp?
Die direkteur van gemeenskapdienste, Gerald Esau, het gesê die munisipaliteit se verkeersafdeling hanteer alle verkeersoortredings (insluitend motors sonder voorste nommerplate) ingevolge die nasionale padverkeerswetgewing.
“Die munisipaliteit kan die publiek verseker dat wettelose en roekelose bestuur nie geduld word nie.”
Verder het Esau gesê die Stad Kaapstad se aankondiging is ingevolge hul munisipale verordeninge.
“Indien voertuie ingevolge hierdie verordeninge geskut sou word, moet voldoende en veilige voorsiening vir ’n munisipale skut gemaak word, waaroor die Drakenstein-munisipaliteit nie in hierdie stadium beskik nie.
“Dit is verder belangrik om daarop te let dat enige regulasie of verordening ondergeskik is aan nasionale wetgewing. Nasionale wetgewing maak nie voorsiening vir die skut van voertuie vir hierdie spesifieke oortredings nie.”
Dit is glo onwettig om motors te skut vir oortredings soos byvoorbeeld bestuur sonder ’n nommerplaat.. More than R161 million is owed to the Drakenstein Municipality for traffic offences.