Die drie mans wat aan die moord op Enrico Plaatjies van Lanquedoc in Groot Drakenstein skuldig bevind is, is al drie tronk toe gestuur.

Christopher Pieterse, John Natal en Tesswill Koesaai is elkeen 15 jaar tronkstraf opgelê.

Sers. Charlene Pietersen, woord­voerder van Groot Drakenstein-polisie, sê die drie is aangekla nadat hulle Plaatjies aangeval het.

“Op 1 Maart 2015 het Groot Drakenstein-polisie ’n oproep gekry van Paarl-hospitaal om ons in te lig dat Enrico Plaatjies van Lanquedoc dood is. Hy is om 04:05 dieselfde oggend in die hospitaal opgeneem en is om 07:30 dood verklaar.”

Volgens Pietersen sê die mediese verslag dat Plaatjies dood is as gevolg van ernstige kopbeserings nadat hy met ’n stomp voorwerp aangeval is.

Die beskuldigdes se vonnisse is op 30 Mei in die Paarl-streekhof opgelê.

You need to be Logged In to leave a comment.