Hugenote Laerskool se skaakspelers het onlangs aan die laaste uitdunronde vir die Kaapse Wynland-skaakkampioenskap deelgeneem. Drie van die leerders is as medaljewenners aangewys en is ook opgeneem in die Kaapse Wynland-skaakspan. Agter is Imke Luyt (medaljewenner en lid van die Kaapse Wynlandspan) en Keenan Kirchner. Voor is Marlé Smit (medaljewenner en lid van die Kaapse Wynlandspan) en Tatum Kirchner (medaljewenner en lid van die Kaapse Wynlandspan).