Die Drakenstein-munisipaliteit het die heel eerste omgewingsvriendelike RM AirSeT gas-isoleerder (GIS) -skakeltuig met suiwer lugtegnologie en digitale konnektiwiteit in Afrika bekendgestel, en is ook die derde munisipaliteit ter wêreld wat dié toestel van Schneider Electric bekendgestel het. Die masjien is by die Dalwes-substasie in Charleston Hill in die Paarl geïnstalleer. Die projek is van stapel gestuur om omgewingsvriendelikheid binne die munisipaliteit aan te moedig en sodoende ’n groener voetspoor agter te laat. Van links is Jaco Bence, (senior superintendent by die Drakenstein-munisipaliteit), Jacques Visser (ontwikkelingsbestuurder by Schneider Electric) en Herman Rossouw (senior ingenieurstegnikus by die Drakenstein-munisipaliteit). Lees meer op bl. 2. Foto: Jana Scheepers