Drakenstein-munisipaliteit
het vroeër aangekondig dat die meerderheid van sy dienste ten volle tydens vlak
3 van inperking hervat sal word.
Dr. Johan
Leibbrandt, stadsbestuurder van Drakenstein-munisipaliteit, het in ‘n
verklaring gesê die munisipaliteit sal optimaal funksioneer binne die maatreëls
van die vlak 3-inperking.
Die volgende
dienste sal deur die munisipaliteit gelewer word:
Herwinning
Tydens vlak 3 sal
die herwinningsafdeling van die munisipaliteit weer inwerking tree. Dié
afdeling sal vir eers die sakke herwinbare artikels wat reeds in hul besit is verwerk
voordat herwinningsakke weer vanaf 1 Julie by huise, wat deel is van die
herwinningsprojek, opgetel word.
Inwoners wat
reeds sakke vol herwinbare artikels by hul huise het, kan die sakke aflaai by
die Wellington-stortingsterrein of die Paarl-oorlaaistasie weeksdae tussen 08:00 en 16:00.
Lisensies
Vanaf 1 Junie is
die verkeersafdeling weer oop vir lisensiehernuwings en registrasies en vanaf 1
Julie kan nuwe aansoeke vir rybewyse ingedien word asook tydelike rybewyse,
leerlinglisensies, professionele rybewyse, tydelike permitte,
voertuigregistrasie, voertuiglisensies en padvaardigheidsertifikate. Tydens
Junie sal persone wat bestuur- en leerlinglisensieafsprake vir na 26 Maart
gehad het, gekontak word en nuwe datums sal gegee word. Vanaf 1 Julie kan
aanlyn voertuiglisensiehernuwings weer gedoen word by http://www.drakenstein.gov.za/electronic-motor-vehicle-license-renewal.
Parke, oorde,
swembaddens en biblioteke.
Parke en oorde
sal op 1 Junie weer oop wees, maar die munisipale swembaddens sal soos tydens
die winterseisoen gesluit wees. Biblioteke sal toe bly terwyl personeel in
hierdie tyd die biblioteke gereed sal kry vir besoekers.
Betaling van
munisipale rekeninge
Die Paarl- en
Wellington-burgersentrums is weeksdae oop tussen 08:00 en 16:00 vir die
betaling van rekeninge en om reëlings vir betalings te tref. Personeel is ook
beskikbaar om te help met navrae oor water, elektrisiteit, eiendomsbelasting,
kredietbeheer, skuldinvordering en deernis. Die munisipale kantore van Paarl-Oos
en Mbekweni sal Woensdag 10 Junie heropen vir die betaling van rekeninge en om
betalingsreëlings te tref. Die kantore sal ook weeksdae tussen 08:00 en 16:00
oop wees.
Volgens die
munisipaliteit sal die poskantoor se posdienste eers weer in vlak 1 hervat
word. Inwoners se munisipale rekeninge van Mei sal via e-pos gestuur word aan
die persone wie se e-posadres op die munisipale databasis is en deur middel van
SMS aan persone wie se selfoonnommer op die munisipaliteit databasis is.
Persone wat egter
nie hul munisipale rekeninge deur die bostaande kanale ontvang nie, kan ‘n e-pos
stuur na customercare@drakenstein.gov.za of ‘n SMS na 082 497 9164 of 071 686
8914 om hul rekening se balans aan te vra. Inwoners kan steeds hul rekening
betaal deur EFT of by EasyPay-betaalpunte wat tydens vlak 3 oop is.
Die munisipaliteit sê dat alle voorgeskrewe higiënemaatreëls, ontsmettingsbeheer en gesondheidsprotokolle by alle munisipale geboue, fasiliteite en sentrums gereed is. Veilige afstand sal ten alle tye toegepas word en handskoonmaakmiddel, seep en water sal beskikbaar wees.Al die personeel en besoekers word getoets voordat hulle ‘n munisipale gebou of fasiliteit binnegaan en niemand sal sonder ‘n masker toegelaat word nie. Die munisipaliteit ontmoedig ouers om nie hul kinders saam na munisipale geboue te neem nie vir logistieke en veiligheidsredes.Vir die volle vlak 3-maatreëls, besoek www.drakenstein.gov.za/coronavirus.