Die Drakenstein-munisipaliteit is deur die navorsingsorganisasie Good Governance Africa (GGA) as die beste sekondêre stad vir goeie bestuur in die Wes-Kaap en die derde beste sekondêre stad in Suid-Afrika ná Sol Plaatje (Kimberley) en Steve Tshwete (Middelburg) aangewys.

Altesaam 205 plaaslike munisipaliteite is gelys. Suid-Afrika het 39 sekondêre stede.

Algeheel het die Drakenstein-munisipaliteit (wat Paarl, Wellington, Mbekweni, Gouda, Saron, Hermon en Simondium insluit) die 14de plek behaal uit 205 sekondêre stede en kleiner plaaslike munisipaliteite in die land in die GGA se bestuursprestasie-indeks (BPI) – Suid-Afrika 2021.

George was 30ste en Stellenbosch 44ste.

GGA kyk spesifiek na drie bestuurskategorieë – administrasie, dienslewering en beplanning en monitering, en volgens die GPI-ranglysindeks bepaal dit watter munisipaliteite uitblink en watter verbetering vereis.. Good Governance Africa is ’n organisasie sonder winsoogmerk, wat daarop fokus om bestuur oor die hele Afrika na te vors, voor te staan ??en te verbeter.

You need to be Logged In to leave a comment.