Ds. Frederick du Toit het verlede maand sy regsgraad verwerf.
Ds. Frederick du Toit het verlede maand sy regsgraad verwerf.

‘n Dominee en boorling van Saron en wat in 2013 daarvan beskuldig is dat hy ‘n minderjarige meisie tydens ‘n kerk-jeugkamp seksueel mishandel het, is nie net vrygespreek van die bewerings en strafregtelike aanklagte nie, maar spog nou ook met ‘n regsgraad wat hy verlede maand aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verwerf het.

Die Paarl-streekhof het ds. Frederick du Toit van die VGK-gemeente in Ashton in September verlede jaar onskuldig bevind op aanklagte van statutêre verkragting.

Hy was in daardie stadium reeds besig om aan sy regsgraad te werk en vertel die plan was sodra hy sy onskuld bewys het, hy sy regsposisie sou gebruik om diegene wat ook onregmatig vervolg word, by te staan.

Du Toit is in 2009 as leier van die VGK in Ashton ingeseën.

Fredericks is dominee van die VGK in Ashton.
Fredericks is dominee van die VGK in Ashton.

Die bewerings was dat hy in 2010 tydens ‘n jeugkamp in Bainskloof buite Wellington glo ‘n minderjarige meisie, wat deel van ‘n jeugprogram by die kerk was, seksueel mishandel het.

Hy is eers vroeg in 2013 aangekla.

Die saak is aanvanklik in die Wellington-landdroshof aangehoor, maar is toe na die streekhof in die Paarl oorgeplaas.

Du Toit vertel hoe die saak sedertdien sy lewe letterlik hel gemaak het.

“Ek kan onthou hoe ek daardie dag (in 2013) in die kerkkantoor gesit het en die ouderling daar instap met ‘n brief. Die dametjie het skynbaar vir hom [die ouderling] vertel wat volgens haar op die kamp gebeur het.

“Ek was stomgeslaan. Nooit sou ek dink dat ek van so iets beskuldig sou word nie.

“Nadat die ouderling die inligting onder die polisie se aandag gebring het, het ek myself aan die polisie gaan oorgee en my volle ondersteuning aan die regsproses gegee.”

Du Toit vertel hy is deur die Wellington-landdroshof op borgtog vrygelaat.

Kan jy nou net indink watter impak dit op jou as gesinsman en Christelike leier het om so ‘n las op jou skouers te dra?

Die saak het volgens hom vir etlike jare gesloer.

“Kan jy nou net indink watter impak dit op jou as gesinsman en Christelike leier het om so ‘n las op jou skouers te dra?

“Ek is in ‘n stadium onregmatig deur die kerk se ring uit my pos verwyder.

“In 2017 het ek en my eggenoot egter besluit genoeg is genoeg. Ek moet my naam skoon kry en ons het daarin geslaag om die saak weer op die hofrol te kry.

Hy sê sy prokureur het ná die verhoor ‘n aansoek gebring dat die hof moet beslis dat die staat nie daarin kon slaag om bo redelike twyfel te bewys dat die beweerde daad wel gepleeg is nie.

Du Toit is gevolglik op 4 September verlede jaar vrygespreek.

“Ek het besluit om hierdie pad in die regte te stap omdat hierdie ervaring my weer eens geleer het ‘n mens moenie bly lê as die duiwel jou platgooi nie.

“Ek dink daar is soveel mense wat hulself in soortgelyke situasies bevind; mense wat dalk in die tronk sit en nie daar hoort nie. Ek wil graag ‘n lig in hul lewe wees.”

Du Toit is vandag nog die dominee by die Ashton VGK en sê hy is vir ewig dankbaar vir die gemeente wat aan sy onskuld geglo en hom en sy gesin deur die hofsaak ondersteun het. Hy het in die vroeë jare 2 000 teologie aan die Universiteit van Wes-Kaapland begin studeer en later die kursus by die Universiteit Stellenbosch voltooi.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article