In verlede week se uitgawe van Paarl Post het ek ’n brief geskryf oor die voetoorgang by die Paarl-polisiekantoor wat nie geverf is nie, en wat moontlik ongelukke kan veroorsaak omdat motoriste nie die voetoorgang duidelik kan sien nie. Met my aankoms by die voetoorgang hierdie week het ek opgemerk dit is oorgeverf. Dus sê ek baie dankie aan die munisipaliteit. Daar is wel nog vele voetoorgange wat ’n leksel verf nodig het, maar hierdie is darem ’n begin.


Padgebruiker, Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.