DM moet pa staan!

Die Drakenstein-munisipaliteit het vandeesweek met groot trompetgeskal gespog dat wetstoepassers ná die afgelope naweek se verwoestende Paarlberg-brand ’n verdagte vir brandstigting aangekla het.


Die Drakenstein-munisipaliteit het vandeesweek met groot trompetgeskal gespog dat wetstoepassers ná die afgelope naweek se verwoestende Paarlberg-brand ’n verdagte vir brandstigting aangekla het.

Dit behoort egter die munisipaliteit te wees wat hiervoor in die spervuur geplaas word. Dit is nie die eerste en waarskynlik nie die laaste keer wat die berg hier brand nie.

Die meeste brande oor die afgelope jare het juis in die bos aan die sentrale hange van die berg – in die omgewing van Kloof- en Carlettastraat – ontstaan. Vroeër vanjaar was dit die geval; so ook tydens die reuse-brand van 2009 toe die berg drie dae lank gebrand het.

Die redes hiervoor is misdadigers wat in die bosse uitkamp asook die slordige werk wat gedoen is met die afkap van indringerbome, waarna die gebied vol boomstompe en takke is, wat letterlik ’n kruitvat is. Die munisipaliteit is reeds jare lank hieroor gewaarsku, maar die pleidooie blyk net op dowe ore te val.

Die munisipaliteit het egter ’n verantwoordelikheid teenoor sy inwoners om proaktief op te tree.

As ’n munisipaliteit wat pas weer ’n skoon oudit behaal het, behoort Drakenstein voldoende hulpbronne en bestuurstrukture te hê om ’n omvattende program vir die beheer van indringerplante in te stel.

Dit is egter duidelik dat die DM ’n tekort aan voorkeur hiervoor het.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.