Dit is weer tyd vir die Wellington Stasiefees

Wellington bied van 12-13 Mei hul opwindende Stasiefees aan.


Wellington bied van 12-13 Mei hul opwindende Stasiefees aan.

Hierdie fees het in 2013 ontstaan toe die Wellington stasie sy 150ste bestaansjaar gevier het.

Die eerste fees het aanvanklik as die “ATKV Konsternasie op die Stasie Fees” bekendgestaan. Hierdie eerste poging was ’n groot sukses wat ’n verskeidenheid aktiwiteite vir oud en jonk gebied het en waartydens daar ook ’n reuse melktert-aanslag was om in die Guinness Book of Records opgeneem te word.

Die Stasiefees het oor die jare uitg

ebrei en homself gevestig as ’n fees wat beslis nie misgeloop kan word nie. Die huidige formaat skop met ’n gholfdag op die Donderdag voor die fees af. Dit word opgevolg met ’n program op die Vrydagaand (ABBA-vertoning) en die hoof-feesverrigtinge op die Saterdag.

Oud en jonk kan hulle aan al die heerlike kos, aktiwiteite en snoeperye verlustig, om nie eers van al die stalletjies met klere, handgemaakte artikels en speelpark vir die kinders te praat nie.

Gewilde gaskunstenaars, wat ervare en nuwe talent insluit, tree deur die loop van die fees op en help om van die hele fees een groot makietie te maak.

Die Stasiefees is voorwaar ’n opskop wat die erfenis, verskillende kulture en gees van gemeensaamheid meesterlik saamsnoer en vier – ’n geleentheid wat geeneen mag misloop nie.
Tydens die 2017 program kan daar uitgesien word na:

  • Vonkelontbyt in die Wellington Wines tent vanaf 09:30 wat demonstrasies met ’n paar pret wyn-idees insluit. (R60 per persoon)
  • Vermaak vir die jongspan by Tjiff en Tjaff en die kostent vir ’n kolwyntjie-kompetisie
  • Vermaak deur opkomende kunstenaars onder leiding van Karin K.
  • ’n Gratis Refentse Morake vertoning
  • Neem deel aan die maak van ’n reuse-melkterk
  • Toets jou kombuisvaardighede in die kostent – skryf ’n span in om deel te neem aan ’n kos-kardoesie.

Oudergewoonte sal daar heerlik eet- en drinkgoed te koop wees.

Vanjaar doen die bestuur van die fees ’n beroep op interessante entrepreneurs om hul ware op die fees te kom ten toon stel.
Stalletjies sal tussen R200 en R300 kos en aansoeke sluit op 10 Maart.

Vir stalletjie besprekings, e-pos tastewine@wellingtonwines.com.

Vir meer inligting, kontak marketing@wellingtonwines.com.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.