Mense, asseblief, gaan jul motor se ligte na om te kyk of alles in werkende toestand is – veral in hierdie tye wanneer ons stormweer beleef.

Vanoggend toe ek werk toe ry, trap die motor voor my skielik rem. Sy ligte het egter nie gewerk nie en ek het so byna in hom vasgery.

Ook sien ek gereeld mense met motors ry waarvan die flikkerligte nie werk nie en dan draai hulle sonder waarskuwing, wat ook ’n ongeluk is wat wag om te gebeur.

Let die verkeerslui in Drakenstein ooit op na dié gevaarlike probleme, of kyk hulle maar soos die meeste dinge wat op ons paaie aangaan, dit bloot net mis?

Dit is ’n baie kommerwekkende kwessie, en indien ’n motor se ligte nie volkome werk nie, beteken dit die voertuig is onpadwaardig.


Moeggepraat,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.