Die jaarlikse Waterblommetjiefees keer Saterdag (7 September) terug wanneer Windmeul Kelder en die Rhebokskloof-landgoed buite Paarl ’n prettige dag van feesvieringe vir die hele gesin sal aanbied.
- Die waterblommetjie (ook bekend as Kaapse damblommetjie, waterhawer, vleikos, is ’n endemiese lekkerny wat net in die Boland-omgewing van die Wes-Kaap voorkom. Dit word slegs vir ’n kort tydperk elke jaar geoes, wat dit ’n gesogte bestanddeel maak. Dit word gebruik in erfeniskos soos die tradisionele waterblommetjiebredie, en die Khoi-Khoi het dit vir medisinale doeleindes gebruik. Dit is vol vitamiene.
KULINÊRE LEKKERNYE
Op die feesdag sal waterblommetjies op tradisionele sowel as hoogs innoverende maniere aangebied word. Die tradisionele bredie sal by Windmeul voorgesit word, en vars waterblommetjies sal by die varsproduktemark beskikbaar wees.
Feesgangers kan ook die kenners tydens die uiters mededingende potjiekoskompetisie in aksie sien.
Die Plaaskombuis sal ontbyt sowel as wonderlike tuisgemaakte bredies en geregte voorsien.
Die Rhebokskloof-landgoed het alles uit die kas gehaal, met die keldermeester, Rolanie Lotz, se samewerking met hul sjef, om wonderlike aanbiedings te skep. Vyf bekroonde wyne word gekombineer met ’n verskeidenheid waterblommetjie-geïnspireerde geregte – van waterblommetjie-teriyaki-sushi tot frikkadelle, gerooktesnoektarte, kerrie-varkvleis-bonbons of gestoofde beesvleisrolletjies. Al vyf proeporsies bevat waterblommetjies op die een of ander manier. Maak dus jou sintuie gereed vir ’n smaakontploffing wanneer dit saam met die voortreflike landgoedwyne geniet word.
Bespreek jou wynproe-en-paar-plek nou vir proesessies van 09:30 af. Slegs vier sessies is beskikbaar met beperkte sitplekke vir elke proe. Die koste is R350 per persoon. Besoek dineplan.co.za vir die beskikbare tye en bespreek nou!
Vir ’n meer uitgebreide gourmet-ervaring, wys ’n heerlike viergang-spyskaart hierdie plaaslike lekkerny op verskeie nuwe maniere. Elke gang is perfek gepaar met een van die uitstaande landgoedwyne met voortreflike geregte wat spesiaal vir die Waterblommetjiefees geskep is.
Bespreek jou tafel nou vir ’n kulinêre ervaring soos geen ander nie. Besprekings is noodsaaklik. Kaartjies kos R550 per persoon. Besoek https://www.rhebokskloof.co.za/…/waterblommetjies-event/
Probeer ook hul waterblommetjie-roomys en houtvuur-pizzas – daar is natuurlik een wat ook waterblommetjies bevat!
BUITE-ERVARINGS
Buitemuurse entoesiaste kan ook ’n bietjie aksie geniet voordat hulle die wonderlike kos en wyne by die Waterblommetjiefees proe. Die Run the Vines-staproete sal by Windmeul-kelder plaasvind. Afstande sluit in ’n 3 km vir juniors, 5 km, 10 km en 17 km met begin- tye tussen 08:00 en 08:45. Inskrywingsfooie wissel tussen R80 en R180, afhangend van die afstand. Deelnemers kan aanlyn inskryf. Alle voltooide deelnemers ontvang medaljes.
Gretige bergfietsryers kan na die Rhebokskloof-landgoed gaan vir pret-uitritte met Paarl Trails van 09:00 af. Daar sal ’n maklike 10 km-MTB-uitrit wees wat geskik is vir die kinders, ’n 20 km-uitrit en ’n 30 km e-MTB-uitrit. Elke rit sal ’n ritleier hê om die ryers te help en te lei. As jy nie jou fiets saambring nie, sal fiets- en e-fietshuur beskikbaar wees.
MUSIEK EN VERMAAK
Wynand Windpomp en Vosloo Bekker sal in lewende lywe by Windmeul-kelder optree in afwisselende stelle van 10:00-16:00 om die feestelike atmosfeer aan die gang te hou. Kinders kan uitsien na ’n spesiale bederf met gesigverf en ballonvlegsels tussen 10:00 en 13:00 by Windmeul.
Op Rhebokskloof-landgoed sal die feestelike atmosfeer met agtergrondmusiek deur die dag voortgaan. Terwyl ouers wonderlike wyne geniet en ongelooflike waterblommetjie-geregte proe, kan kinders by albei plekke speel. Windmeul-kelder het ’n toegewyde speelgebied. Kinders kan die uitgestrekte grasperke by Rhebokskloof geniet, sowel as ’n spesiale speelgebied onder die bome.
BEKROONDE WYNE
Dit is die perfekte tyd om jou wynkelder aan te vul met wynaanbiedinge terwyl voorraad hou. Proe en koop jou gunstelingwyne wat wissel van Windmeul se hoogs aangeskrewe chenin blancs tot Rhebokskloof se multi-bekroonde shiraz. Daar is ’n wyn vir elke palet.
tOEGANG: SKENKING AAN feesLIEFDADigHEID
Gratis toegang tot die lokale kan verseker word met die skenking van een blikkie ingemaakte kos per persoon. Die blikkies sal na die amptelike fees-liefdadigheid gaan – Athlone House of Strength, ’n skuiling vir mishandelde vroue en kinders in die Paarl.. Vir meer inligting, besoek www.waterblommetjiefees.com of Waterblommetjiefees op Instagram en Facebook.