Om Erfenismaand in te lei en te vier, hou Pniël hierdie naweek sy Demekalekkesfees, in samewerking met die Pniël- erfenis- en kulturele trust. Die fees is gemik op digkuns, musiek, visuele kunste en daar sal ook ’n oop-mikrofoon-verhoog wees.

Gaskunstenaars wat optree, sluit in Yvette Hughes, Jason van Wyk, Sascha-Lee Stander en Skylar. Talle lekkernye om te eet en drink sal te koop aangebied word. Die fees word van 11:00 tot 13:00 in die Pniël-museum se teetuin gehou. Toegang is gratis en almal is welkom om die vallei se ryk erfenis te kom vier.

You need to be Logged In to leave a comment.