Gert Vlok Nel, die digtersanger, skrywer van die trefferlied “Beautiful in Beaufort West” en ’n bekende naam in die plaaslike musiekbedryf sowel as in Europa, sing Vrydag 18 Oktober in Wellington.

Die gewilde digter-liedjieskrywer is ’n vriend van die Breytenbach-sentrum wat jaarliks in Die Bôrdienghuis se restaurantteater optree. Liefhebbers van sy musiek kan oudergewoonte uitsien na ’n besonderse konsert.

Die vertoning begin 20:00 en pizzas en drinkgoed sal al van 18:00 te koop wees. Kaartjies kos R150 per persoon en kan bespreek word by teater@breytenbachsentrum.co.za of by Jessica by 021 873 2786.

You need to be Logged In to leave a comment.