Motoriste kan ’n aansienlike daling in die dieselprys vir Desember verwag, volgens die jongste ramings van die Sentrale Energiefonds (SEF).

Die SEF se ramings vir die week wat op 15 November geëindig het, toon dat die dieselprys met tot R1,28 per liter kan daal wanneer die aangepaste brandstofprys Woensdag 7 Desember in werking tree.

Die vooruitsigte is egter nie so goed vir petrolverbruikers nie, wat tot 55 sent per liter meer kan betaal.

Die departement beklemtoon dat die momentopname nie voorspellend is nie, maar eerder as brandstofprysaanduiding dien. Namate marktoestande deur die maand verander, verander die voorspellings ook.

Die geprojekteerde prysaanpassings aan die einde van week vier van November:. Petrol 93/95: verhoging van 55 sent per liter. Diesel 0,05%: daling van 124 sent per liter. Diesel 0,005%: daling van 118 sent per liter. Paraffien: daling van 23 sent per liter

Die positiewe daling in brandstofpryse is te danke aan ’n sterker rand en laer wêreldwye oliepryse.

Die rand het vandeesweek tot onder R17 teenoor die dollar verstewig weens die aankondiging van moontlike rentekoersverhogings in die wêreld se grootste ekonomie, die VSA.

Plaaslike koerse is egter deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank met 75 basispunte verhoog in reaksie op stygende inflasie, wat verbruikers en beleggers onder druk hou.

Volgens ekonome by Nedbank bly inflasie ’n groot bekommernis vir die SARB. Die sentrale bank se voorspelling vir wesensinflasie vir 2022 en 2023 is na 6,7% hersien – van 6,5% in September – grootliks weens hoër voedsel- en elektrisiteitsprys-inflasievoorspellings.

Die bedryf verwag egter steeds dat brandstofprysinflasie in die medium- tot langtermyn sal bly daal. Die rand sal volgens Absa se ekonomiese modelle die jaar na verwagting teen gemiddeld sowat R16,75 teenoor die dollar afsluit.

Oliepryse

Oliepryse het deur die maand gedaal, wat die week op $83 per vat afgesluit het. Die olieprys het sy lae vlakke gehandhaaf, aangedryf deur drie hooffaktore.

Die eerste is die uitbreking van covid in China, wat produksie ingeperk en verbruik ernstig verminder het. Hoewel die Chinese regering strategieë toepas om die virus te probeer uitroei eerder as om dit te beheer – die ‘nul-covid’-benadering – is die wêreld se tweede grootste ekonomie besig om te verlangsaam, wat die wêreldvraag demp.

Dit lei tot die tweede faktor – die dreigende wêreldwye resessie. Met ’n groot verlangsaming in produksie wat verwag word, volg oliepryse sy voorbeeld.

Die laaste faktor is die voortslepende oorlog tussen Rusland en die Oekraïne, wat daartoe gelei het dat sanksies op Rusland en sy olie geplaas is. ’n Voorgestelde brandstofprys-beperking op Russiese olie in die Europese Unie van tussen $65 en $70 sal egter onwaarskynlik enige uitwerking hê, aangesien Rusland se premium grade tans vir $52 verkoop word, volgens Bloomberg.

You need to be Logged In to leave a comment.