As daar een ding is wat deesdae baie skaars is, is dit uitstekende klantediens. Dus wil ek graag ’n groot uitsondering maak met die vroue by die selfoonafdeling by die Game Paarl-tak.
Toe ek die vroue sowat ’n maand gelede genader het oor ’n nuwe foon wat ek wil koop, het hulle uit hul pad gegaan. Ja, ’n mens sal sê ‘dit is hulle werk, so hulle moet dit doen’, maar vir my was hul diens ’n groot opoffering.
Rene Arendse, Zoliswa Ngesi en Lindsey Daniels het al die Boland Game-takke voos gebel op soek na die foon wat ek graag wou hê.
Hulle was altyd vriendelik en bedagsaam en het ’n verdere ekstra myl geloop om my op hoogte te hou van die hele proses. Julle drie maak dit die moeite werd om van Game se dienste gebruik te maak. Ek het sommer lus en kom koop nog ’n foon. Hahaha. Baie dankie, en ek hoop julle kry ’n vet bonus en verhoging. Julle verdien dit.