Reg onder die neus van die Drakenstein-munisipaliteit se hoofkantoor verrys plakkerskampe, reg in die hartjie van die Paarl. Oorkant die Paarl-polisiekantoor (foto) is daar ook reeds ’n klompie plakkers wat elke nag hier uitkamp, vure maak ens. Dan ook langs die Bergrivier, en ook in die middedorp. Dit alles basies op die voorstoep van die munisipaliteit wat nou kamstig geken is as ’n stad van uitmuntendheid. Wonder wie beoordeel hulle, want dit is beslis nie ’n kundige in die gebied van bestuur nie.Lesersbrief en -foto: Jannie du Preez


‘Die Paarl is ’n plakkersdorp in wording’

You need to be Logged In to leave a comment.