Die Oopmond Bende vat weer die warrelwind-wipwaentjie van die digkuns Saterdag 31 Augustus 19:00 vir ’n wilde rit by Die Bôrdienghuis in Wellington.

Oopmond is ’n warm-onder-die-kraag-toordery met gedigte en musiek. Twee spanne digters ding teen mekaar mee: Die digters kry ’n tema (bepaal deur die gehoor) en moet binne tien minute ’n impromptu gedig skryf, wat direk daarna deur ’n musikant getoonset word. Tussendeur moet ’n maltrapskeidsregter orde probeer handhaaf.

’n Beeldende kunstenaar is ook betrokke om die woord of begrip te teken.

Die deelnemers is Toast Coetzer, Mavis Vermaak, Henry Cloete, Andries van Pretoria, Hanru Niemand, Riaan Oppelt, Anna-Bet Stemmet, Neels Venter, Die Kaalkop Waarheid en El Rebel.

Kaartjies teen R100 per persoon kan bespreek word by teater@breytenbachsentrum of by 021 873 2786.

’n Kontantkroeg en pizzas is van 17:00 af beskikbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.