Die Hoër Meisieskool Paarl se swemspan het onlangs die Paarl Swem-interskole gewen, wat op 6 Februarie by die Hoërskool Gimnasium Paarl plaasgevind het. HMS het ook die Frank Myburgh Twilight-swemgala gewen, wat op 9 Februarie by die Hoërskool Swartland in Malmesbury gehou is. Bo staan die wenspan. Agter van links is Sandri Visser, Mari Wium, Karlien Conradie, Keilah Holthuis, Charne Fourie, Mila Prinsloo, Isabella Groenewalt, Kalynne Dowdle, Christine Bester en Lara Botha. Voor: Lica van Niekerk, Anika Hugo, Emma La Grange en Sophia Wium.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article