Die Wellington-krisantevereniging (WKV) het onlangs sy 103de Krisanteskou by die Pauw Gedenkskool in Wellington gehou.Van links is prof. Michael le Cordeur (beste Alfred Simpson, beste spinnekopblom, Freddie Cyster-trofee vir die beste Aristocrat-blom, beste intermediêre blom, beste drie blomme Mount Shasta asook die meeste punte en wenner van die punteskild), Christiaan Small (beste reflex-blom met ’n Jessie Hapgood), Anthony Cavernelis (beste donkerblom met ’n EnHonoo), Henry Poole (beste anemoon), Aubrey Minnaar (beste mediumblom), Japie Willemse (beste incurveblom (A)), Anroux Marais (Wes-Kaapse minister van kultuursake wat die opening waargeneem en die trofee oorhandig het) en Leonard “Linkie” Williams, erelid van die Wellington-krisantevereniging. Die wenner van die beste groot blom, Martin Abrahams, was afwesig.Foto: Tandy-Lee Marinus