Hierdie week het die kwik in die vallei behoorlik gestyg om ons ’n gevoel te gee van die hitte wat ons oor die volgende drie tot vier maande sal beleef.
En reeds hierdie week het mense in die Bergrivier baljaar – in die omgewing van die Optenhorst-brug sowel as langs die Arboretum.
Boonop het iemand ook reeds verdrink; hy wou in Bainskloof in een van die poele van die hitte ontsnap.
Dus wil ek graag weet wat die munisipaliteit gereed het vir die voorkoming van verdrinkings in die Bergrivier, asook vir die soms chaotiese en wettelose optredes deur lede van die publiek hier?
Of gaan hierdie chaos maar net weer toegelaat word en ’n blindelingse oog hierna gedraai word?
Dit is tyd dat die munisipaliteit ’n bietjie sy eie reëls naslaan en hierdie wette vir ’n verandering toepas – of geld wette net vir een gedeelte van die publieke en nie vir ’n ander nie?

