Dit is amper tyd vir Kersfeesvieringe om te begin. En, gegewe dat jy, jou mede Suid-Afrikaners en die res van die wêreld steeds finansieel uitputtende uitdagings in die gesig staar, is dit vanselfsprekend dat jy ’n blaaskans wil hê en die feestyd wil geniet sonder om jou oor enige geldsake te bekommer.

Is dit egter die moeite werd om addisionele, Kersfeesverwante “slegte” skuld (duur geskenke, hope Kersversierings, ekstra reis- of kosuitgawes waarvoor jy nie behoorlike begroot het nie) vir die feestyd aan te gaan? En, kan jy werklik wegskram van wat dit jou sal kos, buiten alles wat jy onlangs moes aanpak? Onthou: enigiets wat jy ekstra op krediet koop, hoop op en is ’n “geskenk” wat sal aanhou om jou van finansiële vryheid te beroof. Die enigste “gee”-aspek om “slegte” skuld by jou lys gewone finansiële verpligtinge te voeg, is om uiteindelik tot oorverskuldigheid by te dra.

“Volgens DebtSafe se 2022-navorsingsresultate is dit duidelik dat winkelrekeninge die soort skuld is waarmee verbruikers hoofsaaklik agterstallig is. Daarom moedig ek jou en die res van die Suid-Afrikaanse gemeenskap aan om nie toe te laat dat die “Grinch”, ook bekend as “slegte” skuld, jou toekomstige finansiële pogings lamlê nie. Aangesien dit die seisoen van gee is, gee jouself en jou gesin ’n kans op ’n veilige, volhoubare finansiële toekoms. En, omdat skuld nog jare by jou kan spook, vermy liewer enige ekstra Kersinkopies hierdie feestyd,” beklemtoon Neil van der Walt, bemarkingsbestuurder by DebtSafe.

Wat presies is “slegte” skuld en hoekom moet jy dit eerder hierdie feestyd vermy?

“Slegte” skuld is krediet wat:. Gebruik word vir items wat nie blywende of langtermynwaarde het nie,. weining doen om jou finansiële posisie te verbeter, . jou rykdom verminder,. geneig is om hoër rentekoerse as ander/“goeie” skuld te hê (“goeie” skuld is die teenoorgestelde van “slegte” skuld en is krediet wat jy gebruik vir sinvolle beleggings wat kan help om jou welvaart op te bou of jou inkomste oor tyd te kan verhoog. Dink aan ’n studielening, huislening of voertuigfinansiering).

Voorbeelde van “slegte” skuld: . Kredietkaarte (wat tydens Kersinkopie-uitstappies gebruik word),. persoonlike lenings (“skuldherwinning”, wanneer jy ’n lening aangaan om ander/nuwe skuld af te betaal (byvoorbeeld vir nie-beplande Kersgeskenke),. tydelike lenings,. betaaldag-/kontantlenings, of

? Kettingwinkel-/klererekeninge (wat gebruik word tydens “koopterapie”-uitstappies).

Gaan hierdie Kersseisoen eerder voort met ’n behoorlike, persoonlike skuldbestuursplan en hou by jou Kersbegroting. Jy kan it só doen1. Maak seker wat jou finansiële situasie weerspieël en wat die bedrag van jou algehele skuld is – het jy onlangs deur ’n paar van jou bankstate geloer, jou skuld-tot-inkomste-verhouding bepaal en jou kredietrekord nagegaan? Maak seker jy weet wat in jou geldsake aangaan en watter “slegte” skuld om te vermy en so gou moontlik uit die weg te ruim – dit kan die waarskuwingsteken wees wat jy nodig het om enige feestelike besteding hok te slaan. 2. Hou by jou toegekende Kersbegroting – buiten jou Desember-begroting (inkomste minus uitgawes = surplus/minus totaal) moet jy ook die begrotingsbedrag insluit wat jy beskikbaar het vir enige Kersfeesverwante besteding. Onthou – dit is die “geskenk van herinnering”-seisoen wat nie noodwendig in jou geld gereflekteer/omgesit kan word nie (of, terloops, die bank se geld, met ander woorde, skuld). 3. Stel jou inkopie- en voorraadlys op en hou daarby.4. Moenie (aanlyn of in die winkels) rondsnuffel nie. 5. Hand-/tuisgemaakte geskenke is duisende in sentiment werd – gebruik wat jy beskikbaar het (of wat jy vaardigheidsgewys kan aanbied). 6. Gaan deur die winskopierakke by winkels en maak seker jy koop net wat jy nodig het, én as dit teen afslag aangebied word. . Een laaste wenk wanneer dit by suksesvolle skuldbestuur kom (en om bykomende “slegte” skuld op jou stapel te probeer verhoed): Dit is belangrik om voortdurend aan jou persoonlike skuldbestuursplan te werk. Doen altyd ’n bekostigbaarheidsbepaling voordat jy enige skuld aangaan (selfs Kersfeesskuld), want dit sal jou help om vas te stel of die skuld nie meer nadelig vir jou situasie is nie.

Moenie toelaat dat “slegte” skuld die pretbederwer word wat jou feestyd, of enige toekomstige Kersfees, verwoes nie.

’n Geseënde Kersfees gaan nie oor hoeveel geld jy bestee nie; dit gaan oor die mense saam met wie jy gehaltetyd deurbring. So, op daardie noot, moenie die “slegte”’ skuldfoute van ’n vorige Kersfees herhaal nie. Bron: DebtSafe, ’n gereguleerde maatskappy met geregistreerde skuldberaders.

You need to be Logged In to leave a comment.