In alle afdelings van kata en unison het die span goud gewen.
Vir die eerste keer het Boland ook ’n veteraan mans- en vrouespan in gestuur.
Tot almal se verbasing, het die vrouespan dubbelgoud verower en die mans goud in unison kata. Die senior manspan het vir die tweede keer vanjaar met goud weggestap.
Tien van Patrick Ross Karate Akademie is opgeneem in die SA groep om in November aan ’n internasionale toernooi deel te neem. Daar het alreeds 25 lande bevestig dat hulle gaan deelneem.
Saskok het ná afloop van die toernooi amptelik bevestig dat VWKF SA asook volle kontak SA (karate) nou volle erkenning kry.
Shihan Patrick Ross is baie trots op almal wat net hul beste gegee het en het beklemtoon dat harde werk beloon word.
Dié groep is goud werd
|
Share this post:

NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.

Share this post:
Related Articles
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.
