Die besties Anke Kriel en Nilcah Visser laat nie toe dat Interskole tussen hulle staan nie.Foto: Lise Beyers


Sedert vierjarige ouderdom is Anke Kriel en Nilcah Visser, beide nou 18 jaar oud, onafskeidbaar. Hulle het grootgeword in dieselfde buurt, saam begin skoolgaan by die Hoër Meisieskool se pre-primêr, maar toe skei hul paadjies eensklaps.

Maar ook nie eintlik nie.

Anke se broers was in die Laerskool Gimnasium en dus het haar ouers besluit dat die kinders saam op skool moet wees, en hulle het eintlik verkies om hul kinders na ’n gemengde skool te stuur.

Nilcah het wel aangebly by die Hoër Meisieskool waar sy nou in matriek is.

Maar al dra die een blou en die ander maroen en groen, bly hulle steeds boesemvriende.

Oor die jare het hulle ná skool nog steeds beste maats gebly en naweke soos boesemvriendinne mekaar opgesoek en vet pret saam gehad.

Al is hulle in twee verskillende skole, en juis skole wat soms as aartsvyande bestempel word, het hulle altyd probeer om die “Berlynse muur” tussen die twee skole af te breek deur ’n voorbeeld te wees dat jy met mekaar goeie vriende kan wees al is die een in die Blou-skool en die ander een in die Maroen-skool.

En nou, ná 14 jaar van gehegte vriendskap, is die twee spesiale vriendinne gekies as die sjampanjenooiens van Gimnasium en Boishaai!

Deur die jare was daar geen kwade gevoelens oor wie wen of wie verloor nie – ja, wel ’n klompgegaai tussen hulle, hul vriende en familie, maar als in die goeie gees van Interskole.

Albei meisies sê dat dit vir hulle ’n voorreg is om in hul laaste skooljaar Saterdag sy aan sy op die Faurestraat-rugbyveld te gaan stap.

“Wat ’n spesiale gebeurtenis om ná soveel jaar weer sy aan sy te staan en jou skool te verteenwoordig as besties.”

Verder beplan albei om volgende jaar hul studies aan die Universiteit Stellenbosch te begin.

Albei hoop om in Heemstede-koshuis tuis te gaan.



.
They’ve been best friends from the age of four and this year they’ve both been crowned as Miss Interschools for Saturday’s big clash.

You need to be Logged In to leave a comment.